Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions sê les op

Albions sê les op
 
2005-06-02


DIE blitsige twee vleuels van Albions het Saterdag die eerste punte in die wedstryd aangeteken, maar dit kon nie verhoed dat die Paarliete 32-24 teen Valsbaai verloor nie.

Elrico Pietersen en Alvin Hugo het daarvoor gesorg dat die Paarliete reeds vroeg in die wedstryd 12-0 kon voorloop, nadat Dominic Daniels ook met 'n doelskop suksesvol was.

Die tuisspan slaan egter terug en teken ook ’n vinnige 12 punte aan.
’n Strafdrie word hierna aan Albions toegeken toe ’n Valsbaai-speler die Albions-haker, Fuad February, verhoed om ’n bal op te volg 10m van die doellyn. Daniels se doelskop maak sake 19-12.

’n Verdere drie deur Valsbaai bring die rustydtelling op 19-17 te staan.

Albions het in die tweede helfte swak verdedig en Valsbaai teken gou-gou ’n verdere 10 punte aan.

Die voorspelers het goed gedoen en ook daarin geslaag om drie vaskoppe te haak.

Agterlangs was Lincoln du Preez (losskakel), Albions se groot uitblinker. Hy is dan ook as speler van die wedstryd aangewys.
’n Drie deur Bennie Linee bring die telling op 24-27. Valsbaai druk weer ná power verdediging deur die besoekers.

Albions II en III het 12-0 en 22-5 verloor.

Albions speel Saterdag sy uitgestelde wedstryd teen UWK op Daljosafat Stadion.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za