Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesels kopstukke

Gesels kopstukke
 
2007-08-23


DIE gesels kan nog op ’n drafstap gaan oor goeie lopies of verbroude kanse op die rugbyveld, maar as die skaapkop bedien word, en die messe word oopgeknip, dan daal daar ’n stilte neer soos voor ’n nou-of-nooit skop pale toe.

Dis nou by Laborie Restaurant in Suider-Paarl, by die gereelde afval- en skaapkop-etes, waar die gaste so sak om die tafels.

Die volgende spesiale middagete is wildsnekpotjie en afval môre-aand, met die laaste van die skaapkopetes op 31 Augustus.

Daar is net 32 kaartjies (teen R100) vir elke ete beskikbaar. Vier lang tafels word in die restaurant se private eetkamer voor ’n reuse-kaggel gedek.

Gaste moet elkeen ’n eie knipmes saambring, maar sal daar van ’n servet-borslap voorsien word.

Behalwe ’n goeie humorsin wat moet saamkom, lui die uitnodiging, mag gaste elkeen ’n bottel wyn gratis na die tafel bring.

Vegetariërs moet eerder hierdie Vrydagmiddae tussen 12:00 en 14:00 nie by die private eetkamer inloer nie. Dit sal so erg wees as wat dit destyds was toe Naas Botha vir WP gekies is.

Kontak Lizelle of Hetta by 021-807-3093 vir meer inligting of bespreking.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za