Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hupstoot vir SA wynbedryf

Hupstoot vir SA wynbedryf
 
2007-08-23


WINETECH se Uitvoerende Bestuurder en die wynbedryf se verteenwoordiger op Kommissie I (wingerdbou) is verkies tot voorsitter van die Plantbeskermingsdeskundige groep van Kommissie I van die OIV (Internasionale Organisasie vir Wingerd en Wyn).

Die OIV is ‘n interregeringsorganisasie wat handel met wetenskaplike en tegniese aangeleenthede ten opsigte van wingerd, wyn, druifbaseerde dranke asook tafel- en droogdruiwe. Die OIV bestaan tans uit 42 lidlande, vier waarnemende lande en tien waarnemende organisasies.

Die verkiesing van die 14 kennergroepe se voorsitters en ondervoorsitters het in Parys, Frankryk, plaasgevind en dis tydens die geleentheid waar Jan Booysen as voorsitter van die Plantbeskermings-kennersgroep verkies is.

In die hoedanigheid dien hy ook op die “CST” (Wetenskaplike en Tegniese komitee) van die OIV wat `n belangrike funksie binne die OIV-struktuur vervul.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za