Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hugenote speel klaar met Swartlanders

Hugenote speel klaar met Swartlanders
 
2007-08-23

Jacques Rossouw

WELLINGTON het die afgelope naweek fees gevier nadat die o.19A rugbyspan van Hoërskool Hugenote tydens hulle interskolekragmeting teen Swartland op Malmesbury met 24-17 geseëvier het.

Sedert 2003 het Hugenote hierdie derby gewen waarvan een 'n gelykop uitslag opgelewer het.

Hugenote het die eerste helfte eenvoudig domineer met goeie werk deur die voorspelers en die slaankrag van die vlugvoetiges in die agterlyn.

Frederik Muller, losskakel van Hugenote, het sy span op die voorvoet gehou met noukeurige skopwerk en effektiewe aanvalslyne.

Alhoewel die Wellingtonners teen rustyd ’n gemaklike 19-0 voorsprong opgebou het, het die wedstryd egter in die tweede helfte meer begin lyk soos ’n ware interskole.

Die Swartlanders het heel duidelik hul wonde met harde woorde gesalf en soos geharde soldate teruggeveg in hierdie titaniese stryd.

Die tuisspan het 17 punte aangeteken om hulself binne trefafstand te bring, maar Hugenote het uiteindelik alle druk absorbeer en Swartland se interskole-drome vol gate geskiet.

Conrad Kok, Isak Potgieter en Muller (2) het die drieë vir Hugenote aangeteken. Muller het ook geslaag met twee doelskoppe.

Die o.19A seuns hokkiespan het 1-1 gelykop gespeel. Die o.19A meisies het minder sukses gehad met ’n 4-1 nederlaag.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za