Warriors vou
2007-08-23
DIE rugbyspanne van Young Superstars en Young Warriors het Saterdag tydens hul jaarlikse derby kragte gemeet.
Hierdie wedstryde is die hoogtepunt van die spelers en toeskouers se kalender en het soos altyd gesorg vir groot opwinding.
Superstars het almal verras toe hulle die Warriors 21-12 geklop het.
Isaac Anthony en Peter October het Superstars se drieë gedruk terwyl Dawid Gertse met een doel- en twee strafdoele geslaag het.
Jacques Botha het verder nog ’n skepdoel ook deur die mikke gestuur.
Jerome Laurence het al die Warriors se punte aangeteken (vier strafskoppe).
* Superstars II het ’n taaier wedstryd gehad en het met 22-20 geseëvier.
More
News
|