Blues druk deur
2007-08-23
DIE Lower Paarl Rugbyklub (Blues) het die afgelope naweek harde bene gekou om Eersterivier by die Daljosafat-stadion met 19-17 te klop.
Die wedstryd was taamlik gelykop, maar Eersterivier het baie strafskoppe ontvang wat hulle in die wedstryd gehou het. Die agterlyn van die Blues was egter net te sterk vir hul teenstanders.
Die lynstane het nie so goed afgeloop nie, maar Blues het beter gevaar in die skrums en losgemale.
Alfred Kikka, Robert Pietersen en Keith Japhtas het die drieë vir die Blues gedruk terwyl Reduaan Afrika twee doelskoppe oorgeklits het. Lower Paarl II het 19-6 gewen terwyl die Blues se derdespan 24-12 verloor het.
* Lower Paarl speel Saterdag weg teen Blue Stars van Klapmuts. Die bus vertrek om 11:30 vanaf New Orleans se rugbyvelde.
More
News
|