Paarl behaal nóg 'n sege
2007-08-23
DIE eerste rugbyspan van Paarl Rugbyklub het verlede Saterdag by Drakenstein Gevangenis gemaklik klaargespeel met Belhar nadat hulle die besoekers 30-15 gewen het.
Die Paarliete het welverdiende bonuspunte in die sak gesteek met die oorwinning en vier drieë.
Alhoewel die tuisspan die oorhand gehad het, kon die telling anders daarna uitgesien het indien die Paarliete al hul kanse in punte kon omskep.
Hantering en ondersteunende spel het ontbreek, maar die voor- en agterspelers het hul nietemin goed van hul taak gekwyt.
Rudolf Buys, Ryno van Wyk, Lionel Hugo en Yster van Wyk het elkeen ’n drie gedruk terwyl Van Wyk ook met twee doel- en twee strafskoppe geslaag het.
Paarl II het 10-3 gewen en Paarl III het 20-10 verloor. * Paarl Rugbyklub speel hierdie naweek weg teen Elsiesrivier.
More
News
|