Albions kry sleg pak
2007-08-23
DIE eerste span van Albions het verlede naweek swaargekry teen Hamlets.
’n Beseerde skeidsregter het daartoe aanleiding gegee dat ’n paar beslissings teen Albions gegaan het, aangesien dié beampte blykbaar nie die spel kon volg nie.
Hamlets het eerste punte op die telbord gehad deur 'n goeie skepskop om sodoende die voortou te neem.
’n Omstrede drie vir die span van Hamlets het die moed van Albions finaal tot in hul skoene laat sink.
Warner November het Albions se enigste drie gedruk om uiteindelik met 17-5 te verloor.
Albions II en Albions III het veel swaarder gekry as die eerste span. Die tweede span het 43-15 verloor terwyl die derdes met 43-5 oorrompel is.
* Albions speel Saterdag weg teen Hands and Hearts. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Dalvale vulstasie.
More
News
|