Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


G'n kleilat by Waterpoel

G'n kleilat by Waterpoel
 
2007-08-30


HY is pas terug in Suid-Afrika, en nou gaan Riku Lätti op 13 September by die Waterpoel in Windmeul optree, in een van slegs vier optredes in die Kaap.

Lätti het groot sukses in België behaal met sy optrede by die Folkfestival Dranouter in Wes-Vlaandere.

Hy is bekend vir sy GTM Geraasprys vir die beste alternatiewe Afrikaanse CD en ook vir sy album Aan’t Sterre Tel saam met Laurika Rauch, Paul Riekert en Steve Hofmeyr.

Vanjaar het hy die album Die Burg van Hertog Bloubaard vrygestel en ook Radio Lava.

Die Burg van Hertog Bloubaard het by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees uitstekende resensies ontvang.

Riku het die toonsettings van hierdie Hertzogprys-bekroonde digbundel deur Henning J Pieterse gedoen.

Riku Lätti is 'n profeet wat nie altyd in sy eie land geëer word nie, dog in België en Nederland is gehore gaande oor hom.

Nou gaan Riku ook sy Belgiese band Säom aan Suid-Afrikaners bekend stel.

Die album Radio Lava, deur die ensemble Riku Lätti, Arnaud van Vliet en Jahn Beukes is pas vrygestel deur Next Music SA.

So span drie talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaars saam op 14 nuwe snitte, met goed georkestreerde werke en kwaliteit klank.

Vars, oorspronklik en intelligente toonsettings van die ongelooflikste Afrikaanse lirieke denkbaar, word die album beskryf.

Kontak Trudy by 082-896-9863 vir navrae en bespreking by die teater in Windmeul, langs Rhebokskloof.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za