Kleinspan by Ou Meul
2007-08-30
ONTMOET Saterdag om 11:00 en 11:30 vir Prins Thomas, ’n woelige klein prinsie wat hou van boomklim en speel hy is Spiderman.
Alhoewel sy ma, die koningin, hom tog te graag wil op “piep”, glo Prins Thomas hy is rof en dapper.
Daar is mos niks waarvoor hy bang is nie, behalwe vir ou Donker Dirk, wat snags in sy kamer kom wegkruip wanneer die lig af is.
Donker Dirk maak alles om hom nog donkerder, en vir hom is Prins Thomas maar skrikkerig, of net so ’n bietjie!
Maar toe die regte egte Willewragtag op ’n dag kom vakansie hou in Prins Thomas se kamer, besluit hulle saam-saam om vir Donker Dirk ’n les te leer. Maar wie is op die ou end bang vir wie?
Geskryf deur Anna Emm. Regie deur Floyed de Vaal, met Jani Coetzee en Laudo Liebenberg.
Koste is R25 by Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|