Anton sing in die Paarl
2007-08-30
OM sy 30 jaar in die musiekbedryf te vier, bied die musieklegende Anton Goosen ’n opwindende vertoning, Anton Goosen Unplugged, Saterdag om 20:00 aan in die Ou Meul-teater in die Paarl.
Saam met hom speel die talentvolle musikant en Schalk Joubert op baskitaar.
Anton se eerste album in 1979, Boy van die Suburbs, was die eerste Afrikaanse album nog deur ’n sanger wat sy eie liedjies in Afrikaans geskryf het en sy Blommetjie-gedenk-aan-my word algemeen beskou as die eerste rocksong in Afrikaans.
Die rigting wat Anton hierna ingeslaan het, besorg later aan hom die eretitel “vader van afrikaanse rock”.
Deur die jare reik hy verskeie oorspronklike albums uit en beywer hy hom ook om ander opkomende Afrikaanse kunstenaars te help.
Sodoende hou hy sy musiek en inslag vars en bevind hy hom telkemaal op die voorpunt van die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.
Na drie dekades staan die titel van “vader” nog steeds, soos sy mees onlangse album, Groen Blomme, getuig.
In hierdie vertoning speel hy sy grootste treffers en vier hy musiek op sy gemaklike manier wat al soveel skares gewen het.
Kom stap saam met hom die paadjie van die begin van sy kleurryke en produktiewe loopbaan, deur sy musiek, tot die hede.
Kaartjies is R80 by Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|