Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afgemaai in Chicago

Afgemaai in Chicago
 
2007-08-30


’n MAN is Sondagaand in Chicago afgemaai deur ’n onbekende skieter.

Edward Retief, alias Skoontjies, is in die kop geskiet terwyl hy in ’n opslaanhuis in Grysbokstraat geslaap het. Hy is op slag dood.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat daar dwelm- en bendebetrokkenheid by die moord is.

In Junie het ’n driedubbele moord ook in Chicago plaasgevind.

Neugene Kulsen, Willem Vermeulen en Donovan Moos is koelbloedig doodgeskiet terwyl hulle in ’n opslaanhuis in Bosbokstraat kaart gespeel het.

Die polisie het vinnig leidrade opgevolg en Clinton Petersen, Jonathen Scheepers en Jeffrey Steyn is in hegtenis geneem in verband met die moorde.

Volgens ingeligtes is dié mans betrokke by bendebedrywighede.
Hulle is tans in aanhouding in verskillende tronke.

* Die polisie het drie jong mans in hegtenis geneem wat glo ’n man in die Paarlse middedorp doodgesteek het.

Die aanval het Vrydagmiddag by die taxistaanplekke in Nuwestraat plaasgevind toe drie jong mans vir Amos Nikani (40) genader het. Hy is in die rug gesteek en het op die toneel gesterf.

Nikani is oorspronklik van Molteno in die Oos-Kaap, maar het by ’n vriendin, Christina Jacobs, in Paarl-Oos gewoon die afgelope twee jaar.

Die mans verskyn vandag in die hof.

* A man has been murdered in a shack in Chicago in a suspected gang related killing.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za