Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier vas oor skroot wat verdwyn

Vier vas oor skroot wat verdwyn
 
2007-08-30


VIER mans het hul rieme styfgeloop toe hulle Maandagaand op heterdaad betrap is terwyl hulle koperdrade gesteel het.

H&H motorwrakwerf in Blignautstraat, Wellington, is maar een van die talle besighede in dié gebied wat onlangs erg onder skrootdiewe deurgeloop het.

Dit het so erg geraak dat die hulp van die Hugenote Plaaswag ingeroep is om die probleem aan te spreek.

Vir sowat twee weke het die plaaswag dag en nag die perseel van H&H dopgehou en Maandagaand het hulle hieruit munt geslaan.

Omstreeks 01:00 is daar opgelet hoe vyf mans onwettig die perseel binnegaan. Hulle was besig om die koperbedrading vanuit voertuie se enjins te haal toe die plaaswag toeslaan.

Ricardo Arendse, Harold Cleaf, Ernest Julies en Rodney Jackson het Dinsdag in die Wellington Landdroshof verskyn in verband met die voorval.

Lionel Hugo, mede-eienaar van H&H, het gesê dat hulle reeds derduisende rande se verliese gely het onder die diewe.

“In een aand alleen is meer as R30 000 se koperdraad uit ons voertuie gesteel. Ek wil nie dink wat die totale waarde van ons verliese is nie.”

Besighede in veral Coatenstraat is die afgelope ruk ook erg geraak deur skrootdiewe en hulle plaas die blaam vierkantig op die skouers van die skroothandelaar wat nou gevestig is in die ou Steve’s Auto Spares gebou in Blignautstraat.

Een besigheidseienaar sê dat daar ’n tendens is dat skrootdiewe by hulle steel en dan direk na Steve’s toe gaan om die goedere daar te verkoop.

’n Ander een sê dat hulle helder oordag daar steel en van sy besigheid af is daar ’n paadjie al deur die gras uitgetrap na die voordeur van Steve’s.

“Ons het al minderjarige kinders gevang wat hier steel en hulle erken dat hulle die skroot daar verkoop.”

Die polisie ondersoek die voorvalle.

* Four men have been arrested for stealing from an auto scrapyard.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za