Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leefstylkalender

Leefstylkalender
 
2007-08-30


Simonsvlei. By die Simonsvlei teater in die Paarl vanaand om 20:00 sal Zak van Niekerk en Band gaste vermaak. Vir meer besonderhede, skakel Lynette Griessel by 021-863-3040 of e-pos info@simonsvlei.co.za.

Boeke. Saterdag sal Jeanne Goosen met Petra Müller gesels oor haar digbundel “Elders aan diens” wat pas by Genugtig Uitgewers verskyn het. Nicole Holm sal van die verse voorlees. Albei gesprekke sal plaasvind in die Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Skakel 021-882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad by www.proteaboekhuis.co.za.

Dementia. Do you know someone or a family who are struggling to come to terms with or the management and care of someone with Alzheimer’s disease or any form of dementia? Dementia SA provides support. Join this group Thursday 6 September at 10:00 at Groenleegte Medical Centre Paarl. Contact 021-421-0077.

Blommeskou. Die Caledonveldblommeskou vind plaas van 7 tot 10 September van 09:00 tot 17:00 elke dag. Toegangsgelde beloop R20 en gratis vir skoolgaande kinders.

Kamp.Voluit vir Jesus kamp word aangebied van 14 tot 16 September by Sandbaai op Hermanus. Die koste is R390 (verblyf en etes ingesluit). Kontak Ilze by 021-881-3708.

Compassionate Friends. Daar is ’n ondersteuningsgroep in die Paarl vir ouers (gesinne) wat ’n kind of kinders aan die dood afgestaan het. Navrae by 021-872-3613.

Tik-hulp. Die St Josephs AME-kerk in Bougaardstraat, Paarl, bied berading en voorbidding vir mense wat met die Tik-probleem worstel. Skakel eerw Keith Links by 076-450-4198 oor byeenkomste Dinsdae en Donderdae van 10:00 tot 12:00.

Drug Abuse. Do you or a member of your family have a problem with substance abuse? Drug Wise can help. Call Anne-Marie at 021-872-3297.

Diabeet. Vergaderings vir diabete en belangstellendes word elke derde Woensdag van die maand gehou in die Holy Trinity-saal, Hoofstraat, Paarl. Navrae by suster Kamaretha Beckert by 021-871-1808 of Gerrit Malan 021-871-1389.

Uitstallings. By die Breytenbach-sentrum op Wellington word behalwe uitstallings, funksies en seminare, ook drama en mosaïek en keramiekklasse aangebied. Skakel Lelani by die sentrum by 021-873-2786.

Angs en depressie. Daar is ’n ondersteuningsgroep in die Paarl vir mense wat depressie en angs ervaar, in hul herstelfase is, asook gesinslede wat ondersteuning bied. Skakel 021-872-7466.

Jeug. Die sentrum vir jeug- en familiebediening van die Hugenote Kollege, Space, in Pentzstraat, Wellington, verskaf pastorale begeleiding vir jongmense met probleme soos groepsdruk, selfmoordneigings, dwelmafhanklikheid en gesinsgeweld Woensdae tussen 14:00 en 16:00 teen ’n fooi van R20. Kontak Gielie Loubser (sentrumdirekteur) by 021-873-2736 of space@hugenote.co.za.

Bid. Almal is welkom om elke dag van 13:00 tot 14:00 te kom bid by die Heilsleerkerk in Bredastraat, Paarl.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za