Wellington plant bome in park
2007-08-30
DIE Wellington Verfraaiingskomitee se boomplant-seremonie vind vanjaar plaas om 10:00 Donderdag 6 September in die Wellington Nywerheidspark.
Die Drakenstein Burgemeester sal die eerste boom plant, met Albert van der Merwe, hoof van munisipale parke, die spreker.
Verteenwoordigers van skole sal help plant.
Die komitee het dit goedgedink om vanjaar weerskante van die straat bome in die Nywerheidspark aan te plant.
Belangstellendes is welkom.
More
News
|