Weskus blomtoer
2007-08-30
DIE Wellington-tak van die ATKV se tiende Weskus Blommetoer vind vanjaar plaas op Lentedag, 1 September.
Busse vertrek die Saterdag om 07:00 vanaf Checkers, Noorder-Paarl, en om 07:30 vanaf Hugo Rust Laerskool, Wellington.
Op pad word daar aangedoen by die Swartland Wynkelder, die Darling orgidieëskou en Langebaan.
’n Weskus middagete in Saldanha is ingesluit voordat daar oor Hopefield teruggery word.
Kaartjies (R120) is beskikbaar by Musiklood, Paarl en WriteShoppe, Wellington.
Skakel Hanlie by 021-873-3500, 083-417-8948 of Rieks 021-864-2642, 082-441-5011.
More
News
|