Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuier by skole en kerke met koorsang

Kuier by skole en kerke met koorsang
 
2007-08-30


*DIE AME Kerk HJ Legolie Gemeente op Wellington hou Sondagmiddag om 15:00 in die Wellington stadsaal ’n koormiddag ten bate van hul boufonds.

Kaartjies is R7 (R3 vir kinders).

* Die skoolsaal van Paulus Joubert Sekondêr word in November ingewy. Vir hierdie geleentheid sal ’n spesiale koor deel wees van die program.

Almal tans of voorheen verbonde aan Paulus Joubert - leerders en oud-leerders, opvoeders en oud-opvoeders, ouers van leerders en belangstellendes - is welkom om by hierdie koor aan te sluit.

Hulle oefen van 3 September elke Maandagaand om 19:30 by die skool.

* Die St Joseph AME kerk se “Tikkamer” bied aan ’n gewyde sangaand op Saterdag om 19:00.

Alle kore en sanggroepe word uitgenooi na die spesiale aand, wat daarop gemik word om jeugdiges te help met dié euwel op die dorp.

Die Tikkamer is elke Dinsdag en Donderdag (10:00-12:00) oop by die kerk in Bougaardstraat.

Vir navrae, skakel Monica Samaai 021-862-4532.

* Die ATKV Paarl bied ’n gesellige saamkuier-aand aan op Vrydag 7 September om 19:30 by die Nege Eike lokaal, Agter-Paarl.

’n Ligte ete met ligte musiek in die agtergrond sal die regte atmosfeer skep vir ’n lekker saamkuier om kerslig.

Lede en belangstellendes is welkom. Kaartjies kos R80. Skakel Sandra by 084-419-0761 of Marianna 083-302-5612 vir kaartjies.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za