Plaaswerkers opgelei oor profyt
2005-06-02
David Joshua
DIE Kaapse Vroueforum het op Donderdag 26 Mei op Laboransplaas van JD Kirsten, ‘n People’s Profit-kursus, met opleier Lester Fillis, aangebied. Dit het gehandel oor Basiese Besigheidsbeginsels, Uitvoere, asook die Europese in- en uitvoervereistes.
Die kursus is deurloop deur arbeiders van Keurfontein, Bonathabo en Hoekstra Fruit Farms, met hul onderskeie groepsbestuurders Brynard Kirsten, Arnold Hugo, Damon Mintoor en Arend Apollis.
Elsabé Lintvelt, verteenwoordiger van die Forum, sê dat die sowat 20 kursusse gratis aangebied word. Dis moontlik gemaak deur fondse wat bekom is deur die Sagtevrugteprodusentetrust via PAETA van die National Skills Fund.
Die kursus help leerders om ‘n besigheid te verstaan, hulle bewus te maak van die prosesse wat binne ‘n besigheid plaasvind, die groter prentjie van die wêreld waarin daar gekompeteer word te gee, asook die bydrae wat gelewer word tot die sukses van die besigheid.
Leerders kry dus ‘n beter begrip van ‘n suksesvolle besigheid en leer ook van die Europese invoerregulasies.
Lintvelt kan gekontak word by 883-2490 of elsabe@cwf.co.za.
More
News
|