Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Forensiese sentrum verrys

Forensiese sentrum verrys
 
2007-08-30

David Joshua

DIE nuwe Forensiese Patologie Laboratorium en lykshuis vir die Paarl is tans in aanbou in Broadwaylaan langs TC Newman Daghospitaal in Paarl-Oos.

Die Departement van Openbare Werke is verantwoordelik vir die oprigting van die gebou, wat bestuur sal word deur die Departement Gesondheid.

Dit is reeds ver gevorder sedert bouwerk in Februarie vanjaar begin is en daar word beplan om die gebou teen Maart volgende jaar te voltooi.

Die oppervlakte van die gebou beslaan omtrent 1100 vierkante meter en die boukoste is sowat R11 miljoen. Daar is hoofsaaklik van plaaslike arbeid en subkontrakteurs gebruik gemaak.

Die sentrum voorsien in ’n dringende behoefte nadat die beheer van die lykshuisfasiliteit van die polisie aan die Departement van Gesondheid oorgedra is.

Die gebou bestaan uit ’n administrasieblok en publieke ontvangs, onderhoudskamer, vier dokterskantore, kamers vir lykuitkenning en ’n groot disekteerarea van bykans 200 vierkante meter.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za