Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toekenning vir Lambert Retief

Toekenning vir Lambert Retief
 
2007-08-30


DIE voorsitter van Naspers, Ton Vosloo, het by die maatskappy se jaarvergadering Vrydag ‘n toekenning vir volgehoue uitnemendheid, die Orde van Tafelberg, oorhandig aan Lambert Retief, voorsitter van Paarl Media en Paarl Post.

Dit is die eerste keer dat hierdie toekenning gemaak word, om vennote binne die Naspersgroep te vereer vir hul prestasie.
Die vennootskap tussen Naspers, Paarl Media en die Retief-familie kom al ‘n lang pad aan.

In 1992 is die eerste van ‘n reeks formele ooreenkomste gesluit waardeur Media24 eerstens gedeeltelike eienaarskap van Paarl Post verkry het.

Onder Retief se leierskap is daarna belę in uitbreiding van die Paarl Media-groep. Verskeie innoverings is in werking gestel en groot beleggings gemaak in gevorderde tegnologieë soos lito-webdrukwerk vir tydskrif- en pamfletdruk op industriële skaal.

Dit het aanleiding gegee tot die stigting van PaarlWeb wat vinnig gegroei het saam met die tydskrifmark.

In 2000 is die eerste van ‘n reeks transaksies met Naspers beklink. Eerstens is Nasionale Tydskrifte Drukkery (NTD) in Montague Gardens saamgevoeg met PaarlWeb en word hernoem tot Paarl Gravure.

‘n Jaar later is die Nasionale Boekdrukkery (NBD) saamgevoeg met Paarl Print in Daljosafat en het Paarl Media nog groter geword.

Die derde transaksie was die konsolidasie van Naspers se streekskoerante in ‘n onderneming nou bekend as Boland Koerante, wat Paarl Post insluit. Retief dien sedert 2000 in die direksie van Media24.

“Lambert het nie net tegniese vernuwings gebring nie, maar ook bestuursvernuwing met verfrissende inisiatiewe waar burokrasie beperk word en klante eerste gestel word.

“Dit bevestig dat wedersydse agting en vertroue, tesame met behoorlike korporatiewe bestuur, baie waarde tot selfs groot ondernemings kan toevoeg,” het Vosloo van die vennootskap gesę.

Vandag is die Paarl Media-groep een van die grootste kommersiële drukkerygroepe in Suid-Afrika met vyf spesialis-aanlegte wat ‘n volledige reeks drukkersfasiliteite bied: Paarl Gravure, Paarl Print, Paarl Print Labels, Paarl Web en Paarl Web Gauteng.

Naspers besit 78,3% van die groep deur Media 24.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za