Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wamakersvallei Pinotage is kampioen

Wamakersvallei Pinotage is kampioen
 
2007-08-30


WAMAKERSVALLEI wynkelder op Wellington het gesorg dat Pinotage se naam hoog gehou is by die 2007 SA Jongwyntoekennings.

Dit is die eerste keer sedert 1987 dat dié kultivar die Generaal Smuts-trofee – die hoogste eer wat ‘n jongwyn te beurt kan val – verower het.

Keldermeester Hugo Truter het die trofee breëbors ontvang namens Wamakersvallei, wat met hul gehoute Pinotage nie minder as 2026 inskrywings van 183 deelnemers uitgestof het. Boonop is dié wyn as SA Kampioen Pinotage aangewys.

Kort op die hakke van hierdie prestasie volg veteraan-presteerder, Boland Kelder.

Dié Paarlse wynmakery spog met drie trofeë by vanjaar se toekennings wat die Pietman Hugo-trofee, vir die beste punte behaal met vyf inskrywings, insluit. ’n Chenin Blanc en gehoute Viognier maak dié driekuns voltallig.

Altesaam 12 SA Jongwyn kampioenskapstrofeë staan hul kelder reeds sedert 2000 vol.

Ander plaaslike wynprodusente wat met SA Kampioen-status spog, is Graham Beck Franschhoek (beste Sauvignon Blanc); Bellingham (beste Natuurlike Soet Wyn), en Avondale (gehoute Shiraz);
Ander trofeewenners was Namaqua Wines (Kampioen Rooi Versnit), Oranjerivier (kampioen dessertwyn en muskadel), Rooiberg (gehoute Chardonnay); Kleine Zalze (Wit Versnit); Botha Kelder (Sémillon); Annex Kloof (gehoute Merlot); Babylon’s Peak (gehoute Carignan) en Carel Nel Wyne (Port).

Vanuit die 2026 inskrywings het 16 wyne kampioen-statuur verwerf, 51 is as klaswenners aangewys, 58 wyne het goue medaljes ontvang, 449 silwer medaljes is toegeken en 878 wyne het met brons huis toe gegaan.

* By die Paarl streekskou is trofeë ook toegeken aan Wellington Wynboere (kampioen Chardonnay) en Anura (kampioen Merlot gehout).



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za