Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Herlewingsdienste met bekende predikers uit Kanada

Herlewingsdienste met bekende predikers uit Kanada
 
2007-08-30


’n REEKS herlewingsdienste word van Sondagaand gratis in die Toringkerk in die Paarl aangebied deur Herlewing SA en die Paarl Leraarskring.

Gratis sop en broodjies word elke aand vooraf aangebied en tydens die dienste tree gaskore op.

Onder die sprekers is die bekende Kanadese prediker dr Henry Blackaby, skrywer van die boek “Experiencing God”.

Hy word vergesel deur sy seun, dr Richard Blackaby, president van die Kanadese Suidelike Baptiste Seminarie in Cochrane, Alberta.

Dr Harold Peasley sal Sondag om 18:00 praat oor “The revival we need”.

Dr Izak Burger praat Maandag oor “Kyk ek gaan iets nuuts doen” om 19:00.

Dinsdag om 19:00 sal dr Francois Carr preek oor “Lewe deur die Gees”. Hy is die Uitvoerende Direkteur van Herlewing SA en skrywer van verskeie geestelike boeke.

Hy is tans mede-aanbieder van “Heart-Cry” Konferensies in Suid-Afrika, Wallis en Pakistan asook redakteur van Herlewing, ’n joernaal oor gebed, heiligheid en herlewing.

Woensdagaand is die onderwerp “Intimacy with God” met dr Richard Blackaby as spreker om 19:00.

Donderdag 6 September sal beide dr Henry Blackaby en dr Richard Blackaby gesels by ontbyt en middagete by Nelson’s Creek landgoed.

Die ontbyt (07:15) handel oor “Leiers wat ander beïnvloed”. Koste is R130.

Die middag om 11:30 sal ’n middagete geniet kan word en die twee dokters sal gesels oor “Wie is ’n leier”. Die koste is R60. Daar is nog heelwat plekke beskikbaar.

In die aanddiens volgende Donderdag van 17:30 sal hulle ’n kursus aanbied “Intimiteit met God”. Dit sal gratis wees.

Vanaf Sondagaand tot Woensdagaand sal gaskore elke aand optree
en dan ’n 40 minute boodskap, wat gevolg sal word deur ’n “Altar Call”. Opgeleide beraders en bidders sal daar wees om te help.

Gratis vervoer word aangebied in gemerkte taxis op die taxiroetes Sondag van 17:00 en Maandag tot Donderdag vanaf 18:00.

Vir besprekings vir ontbyt en middagete Donderdag en enige navrae, skakel die kantoor 021-872-7452 of Gawie 072-341-3946 of Daleen 073-183-5041.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za