Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dié daad bring lang lyding

Dié daad bring lang lyding
 
2007-08-30


DIE bloed het by hul kieue uitgedrup toe ek hulle uit die visdam gelig het.

Twee van my pragtige koivisse en dertig goudvissies het wreed gesterf, sonder suurstof in my visdammetjie, bedek met ’n dik laag wit skuim.

Wie kon so iets doen? Het ek maar opgestaan Vrydagnag halftwee, toe ek dink ek hoor vreemde geluide en die honde blaf. Maar dit was gou weer stil.

Min het ek geweet dit was moordenaars wat in my tuin gekom het, wasmiddel in die visdam gegooi het, en so ’n lange lyding vir my visse begin het.

Ek kon die twee grootste visse die oggend nog red, deur hulle oor en oor en weer in skoon water te spoel.

Die koi’s is duur, R1 500 elk, maar dit is nie eintlik waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor onbesonne dade wat soveel lyding en hartseer bring.

Ma sonder visse in
Noorder-Paarl



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za