Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom lag saam met komedie

Kom lag saam met komedie
 
2005-03-09


“ONS mense lag nie meer genoeg nie. Hierdie stuk is sommer net ’n lekker storie vir almal.”

Só gesels ’n entoesiastiese Marius Pool (foto) oor sy splinternuwe toneelstuk, “Belle Howell... Good Morning”, wat Dinsdag en Woensdag by Hugenote Laerskool op Wellington opgevoer word.

Dit is die verhaal van ’n jong, gay ontwerper op Laingsburg. Kom lag saam oor die lief en leed (en skinderstories) van ’n klein dorpie.

Die stuk is deur Marius geskryf en word ook deur hom opgevoer.

Dié talentvolle jong man het ’n graadkursus in drama aan die Cape of Academy for Dramatic Art gedoen. Sy grootste vreugde? “Om voor die kameras te wees - waar ’n akteur hoort.”

Kaartjies teen R35 (studente R30) is beskikbaar by Zee Zone of 073-650-2731.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za