Hillcrest styg uit
2007-08-30
DIE eerste rugbyspan van Hillcrest United het die afgelope naweek by Pelikaan-park 30-14 met Rawsonville afgereken in die Presidentsliga (Boland).
Hillcrest het agterlangs met goeie, aanvallende rugby vorendag gekom, maar moes by tye ook wys wat in hul verdediging steek om die Rawsonvillers buite trefafstand te hou.
Die besoekers het egter nagmerrie na nagmerrie in die lynstane beleef en was ook nie opgewasse teenoor die fisieke spel van die voorspelers van die Wellingtonners nie.
Zandré Buys, Jerome Coetzee (2), Adam Arendse en Chad Meyer het die drieë vir Hillcrest gedruk terwyl Conroy Gertze met ’n doel- en strafskop geslaag het.
Hillcrest United II het hul kragmeting 22-6 gewen, maar Hillcrest se derde span het ongelukkig 12-8 verloor.
* Hillcrest speel Saterdag ’n wegwedstryd teen Ceres United. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Mannies en kostes beloop R30 per persoon.
More
News
|