Paarl-klub mis sege net-net
2007-08-30
DIE Paarl Rugbyklub se eerste span het verlede naweek ’n opdraande stryd gehad nadat hulle tydens ’n wegwedstryd met een punt teen Elsiesrivier verloor het.
Die Paarliete het merendeels aan die kortste ent getrek en eers in die 38ste minuut van die tweede helfte hul enigste drie aangeteken.
Hierdie was ongelukkig te laat om die wedstryd in hul guns te laat swaai.
As ’n eenheid het Paarl baie goed saamgespeel en was ongelukkig met ’n paar beslissings deur dié skeidsregter.
Die ervare staatmakerflank, Hannes Douglas, het Paarl se drie gedruk terwyl Clive Samuels met die doelskop en nog drie strafskoppe geslaag het.
Balie van der Merwe was die speler van die wedstryd.
Paarl II het hul kragmeting 12-5 gewen terwyl Paarl III 5-0 verloor het.
* Paarl Rugbyklub speel môre tuis teen Young Peoples en dit word bestempel as ’n wedstryd wat nie misgeloop mag word nie.
More
News
|