Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington lek lippe vir Delicious

Wellington lek lippe vir Delicious
 
2007-08-30


DIE eerste rugbyspan van Wellington het die afgelope naweek hul rieme styfgeloop nadat die ligavoorlopers Rawsonville hulle 37-26 geklop het.

Rawsonville het met hierdie oorwinning nie net hul eerste posisie op die punteleer verstewig nie, maar ook verseker dat geen span hulle hierdie seisoen in die Boland se Presidentsliga kan verbysteek nie.

Wellington het ’n redelike verswakte span ingestuur met die weersomstandighede wat so te sê ideaal was vir rugby.

Die besoekers se voorspelers het bietjie swaar gekry in die vaste fasette en losgemale.

Die agterlyn, daarenteen, het goed vertoon, maar die samespel het ontbreek, wat Rawsonville ’n sterker houvas op die wedstryd gegee het.

Morné Coetzee, Chris Joubert, Stefan du Toit en George Jacobs het die drieë vir Wellington gedruk terwyl Jacobs ook drie doelskoppe deur die pale gejaag het.

* Die wedstryd tussen Wellington en Delicious Rugbyklub van Ceres sal 12 September by Ceres dorpsvelde plaasvind.

Ná besprekings tussen dié twee klubs, is daar besluit dat die wedstryd op neutrale grond gespeel gaan word.

“Ons het mekaar belowe dat daar rugby gespeel gaan word,” het Dolf Stemmet van Wellington klub gesê.

“Daar is besluit om die ’side-shows’ te laat staan. Sover dit ons aangaan, gaan die wedstryd in goeie gees gespeel word.”

Die wedstryd tussen hierdie twee klubs is onlangs uitgestel nadat geniepsige spel aan die kant van Delicious weer kop uitgesteek het.

Wellington speel hierdie naweek weg teen Abbottsdale en kom daarna teen Montagu en Darling te staan.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za