Standards wen
2007-08-30
DIE Young Standards Rugbyklub het Saterdag 'n skittervertoning gelewer om Perseverance op hul tuisveld met 18-12 pak slae te gee.
Met hierdie oorwinning het die Paarliete seker gemaak dat 'n tweede posisie op die punteleer aan die einde van die seisoen steeds op die kaarte is.
Marshall Brown het die Perseverance-manne aan die slaap gevang om die eerste drie van die wedstryd aan te teken.
Bevin Francis het daarna die punteverskil na 8-0 gerek met 'n geslaagde strafskop.
Die tuisspan het met twee drieë te kenne gegee dat daar nie so met hulle gemors gaan word nie.
Young Standards moes omtrent wal gooi om dié vloed te keer.
Die Paarliete het egter nie kop verloor nie en teruggeslaan met 'n uiters belangrike drie deur Hennie Johnson.
Enrico Davey het hierdie drie verdoel en 'n laaste strafskop deur die mikke gestuur om sy span uiteindelik te laat seëvier.
* Young Standards speel Saterdag tuis teen Peninsula by Daljosafat-stadion.
Die hoofwedstryd begin om 16:00.
More
News
|