Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vineyards kou klippe

Vineyards kou klippe
 
2007-08-30


DIE eerste spanne van Riverstones en Vineyards Rugbyklubs het mekaar verlede Saterdag by die Daljosafat-stadion opdraande gegee tydens ’n opwindende wipplank-kragmeting.

Die weersomstandighede was na aan perfek gewees met die nattigheid van die vorige paar weke nêrens in sig nie.

Hierdie toedrag van sake het die wedstryd uit die staanspoor vir die manne van Vineyards moeilik gemaak aangesien hulle meer floreer in tipiese winter-weer.

Die ligter pak voorspelers van Riverstones het gewys dat ’n mens nie groot hoef te wees om jouself te laat geld nie.

Altwee agterlyne was gretig om met die bal te hardloop en het die toekouers kort-kort uit hul stoele gelig.

Vineyards het laat in die eerste helfte hul skrumskakel, Fadel Moerat, weens ligte harsingskudding verloor wat ’n groot leemte in hierdie span se mondering tot gevolg gehad het.

Die wedstryd was tot in die laaste minuut gelykop, maar Vineyards het ’n strafskop voor die pale afgestaan wat Riverstones die geleentheid gegee het om die wedstryd te beklink. Riverstones het die wedstryd 13-10 gewen.

Arshaad Abrahams en Anwar Shuhail Moerat het die drieë vir Vineyards gedruk.

Hilton Green het 'n drie vir Riverstones gedruk terwyl Walton van Neel met 'n doelskop en twee strafskoppe die wedstryd vir sy span beklink het.

Riverstones se tweede span het 33-5 gewen terwyl Vineyards III naelskraap 18-17 gewen het.

* Vineyards het gister teen Kylemore te staan gekom en sal Saterdag teen Perseverance kragte meet.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za