Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jongwyne meet kragte

Jongwyne meet kragte
 
2005-06-02


WYNMAKERS sal moet spring om die juwele van die 2005 wynoes in te skryf vir vanjaar se SA Jongwynskou. Inskrywings sluit op Donderdag 7 Julie.

’n Verandering van vorige jare is dat deelnemers hul monsters direk by die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANW) kan inskryf en nie meer verplig is om dit deur ’n streek te doen nie. Die regstreekse inskrywings sal egter nie vir streektoekennings kwalifiseer nie.

Die SA Jongwynskou katalogus en inskryfvorm is aanlyn beskikbaar by www.youngwineshow. co.za en by die SANW kantoor.

Jongwyne ding om kampioenskapstrofeë in 17 kategorieë mee – Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivar, Droë Wit Versnitwyn, Soeterige Witwyn, Edellaatoeswyn, Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivar, Droë Rooi Versnit, Port, Dessertwyn en Muskadel.

Die gesogte Genl Smuts- en die Pietman Hugo-trofeë is boonop op die spel vir onderskeidelik die SA Kampioen Jongwyn en Wynmakery met Hoogste Punte vir Vyf Beste Inskrywings.Wie hierdie onderskeidings gaan toeval, is totaal in die hande – oftewel neuse en tonge – van Suid-Afrika se skerpste wynproewers, wat van 25 tot 29 Julie op Nederburg vir die beoordeling gaan sorg.

Die SA Kampioene sal op Donderdag 18 Augustus ook hier bekend gemaak word tydens ’n galadinee wat deur die SANW aangebied word.

Die 2004 SA Jongwynskou het 2 203 inskrywings gelok, waarvan 52 as klaswenners aangewys is. Altesaam 110 goud, 536 silwer en 861 bronsmedaljes is toegeken.

Kontak Elsabé Ferreira by die SANW, tel 807-3104, faks 863-2079 of per e-pos ferreira@ vinpro. co.za vir nadere besonderhede of besoek die SA Jongwynskou webtuiste by www. youngwineshow.co.za.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za