Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples maak stem dik

Young Peoples maak stem dik
 
2007-08-30


DIE Young Peoples Rugbyklub het die afgelope naweek met goeie voorspelerspel hulle opponente, Scottsdene, tot oorgawe gedwing.

Die vaste vyf van die Paarl-span het die grondslag vir hul 31-8 sege gelê en veral die span van Kraaifontein in die skrums laat les opsê.

Young Peoples se agterlyn het baie goed verdedig, maar was meer indrukwekkend op die aanval.

Die skrumskakel, Barry Williams, het drie drieë gedruk met Delwayne Cornelissen en Leon Williams wat ook agter die doellyn gaan draai het.

Young Peoples II het hul wedstryd 22-12 gewen met die derde span wat ongelukkig met 24-7 die knie moes buig.

* Hierdie klub kom Vrydag teen Paarl-klub te staan by Faurestraat-stadion.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za