Boland vrouehokkie tref doel
2007-08-30
DIE Boland vrouehokkiespan het verlede week aan die Spar interprovinsiale toernooi by Hartleyvale naby Kaapstad deelgeneem.
As nuwelinge in hierdie kompetisie moes die Bolanders uithaal en wys om hul plek by volgende jaar se toernooi te verseker.
Boland het Saterdag teen Vrystaat uitgespeel vir die 5de en 6de plekke in hul groep en het dié kragmeting ook 2-0 gewen.
Dedri Prinsloo het altwee Boland se doele in die tweede helfte aangeteken en sodoende die span se mikpunt, om volgende jaar weer aan die kampioenskap deel te neem, verwesenlik.
Die span van die Boland het algeheel 11de geëindig met Westelike Provinsie wat die kollig gesteel het deur Gauteng-Suid in die finaal te klop.
More
News
|