Lätti by Waterpoel
2007-09-06
IN een van slegs vier optredes in die Wes-Kaap, gaan Riku Lätti op 13 September by die Waterpoel in Windmeul optree.
Lätti het groot sukses in België behaal en is ’n pryswenner alternatiewe Afrikaanse musiekant, soos op sy album Aan’t Sterre Tel saam met Laurika Rauch, Paul Riekert en Steve Hofmeyr.
Die album Radio Lava, deur die ensemble Riku Lätti, Arnaud van Vliet en Jahn Beukes is pas vrygestel.
Kontak Trudy by 082-896-9863 vir bespreking by die teater in Windmeul.
More
News
|