Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Marani ontken moord

Marani ontken moord
 
2007-09-06


DIE hoofverdagte in die gru-moord van kerkman Charles Jacobs, hou steeds vol dat hy onskuldig is aan moord.

Ewans Marani, Selwyn Adonis, Anil Farao en Edwill Gerber staan saam tereg op dié moord.

Die liggaam van Jacobs is op 31 Oktober 2005 in die Mormoonse Kerk in Klein Drakensteinweg, Paarl, aangetref waar hy as opsigter gewerk het.

Hy het in ’n plas bloed op die vloer van ’n stoorkamer gelê met die woord ‘satun’ in sy bloed op die vloer geskryf. Jacobs is vermoedelik wreedaardig gemartel voordat hy met ’n tuinvurk doodgesteek is.

Voorverlede week het Adonis getuig dat Marani, ’n Keniaan, die moord gepleeg het, maar vandeesweek het ’n hoogs emosionele Marani in die beskuldigdebank gestaan en dit ten sterkste ontken.

Hy voer aan dat hy dié aand op Jacobs se liggaam afgekom het toe hy vir hom by die kerk gaan soek het.

Marani is ’n oud-sendeling van die kerk, maar was vir ’n geruime tyd voor die moord nie meer betrokke daar nie.

Hy het vertel dat hy sagkens aan Jacobs se gesig geraak het en het toe verskriklik geskrik het toe hy ’n roggelklank van hom hoor.

Hierna het hy na Jacobs se bejaarde ma, Christina (84) gegaan en hy wou vir haar vertel van die grutoneel waarop hy afgekom het.Maar toe sy die deur vir hom oopmaak, het sy moed hom begewe.

Hy is glo later terug na die kerk en het die leidrade wat vir hom met die moord sou verbind, verwyder. Hy hou vol dat hy nie die moord aan die owerhede gerapporteer het nie, omdat hy ’n vreemdeling in die land is.

Hy is hierna terug na die Jacobs-woning waar Christina vir hom ’n maaltyd aangebied het.

Die saak sal vir nog ten minste ’n week loop.

* The main suspect in the gruesome church murder, Ewans Marani, denies guilt.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za