Geskenkmark op plaas
2007-09-06
’n GESKENKMARK word van 13 tot 16 September aangebied by Bushman’s Creek in Simondium.
Die mark (wat voorheen by 42on Main gehou is), open 13 September om 18:00 en is die Vrydag, Saterdag en Sondag van 10:00 tot 17:00. Daar sal vanjaar heelwat pret vir die kinders wees met springkastele, klimrame, gesigverf, spookasem en veel meer.
By die stalletjies sal geskenke, klere, juwele, skilderye, ingemaakte produkte, kinderklere, speelgoed, meubels, huisgoed, blomme en baie mooi goed te koop aangebied word. Restaurant-fasiliteite is beskikbaar.
Die mark word gereël deur Rosemarie Marais, Sandra Matthee, Adele Grobbelaar, Alet Stofberg en Rina Boltman.
Vir navrae, skakel 082-783-3075 of 021-872-5826.
More
News
|