Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man sterf tydens bergwedloop

Man sterf tydens bergwedloop
 
2007-09-06


DIE jaarlikse Paarlberg Halfmarathon het ’n tragiese einde gehad toe ’n bejaarde deelnemer op die roete gesterf het.

Piet du Toit (67), ’n ervare half-marathonstapper van Wellington, het op Paarlberg ineengestort.

Hy is deur die bestuurder van ’n koeldrankvoertuig raakgesien en na die eindpunt gebring.

Hier was geen nooddienste teenwoordig nie en ’n dokter en mediese student wat aan die marathon deelgeneem het, het vir bykans 20 minute gespook om vir Du Toit by te bring.
Hulle kon egter nie daarin slaag nie.

Du Toit se vrou, Mercia, het gesê dat haar man uiters fiks was vir sy ouderdom. Hy het elke tweede dag 10 kilometer gestap.

“Hy het geen teken gehad van ’n hartprobleem nie en dit is ’n geweldige skok vir ons almal.”

Die Du Toit-gesin het in 1977 vanaf Worcester na Wellington verhuis. Hy het in Bellville vir Spoornet gewerk en het elke dag per trein gependel.

“Totdat hy in 1997 afgtree het, het hy elke dag vanaf ons huis in Ranzadale na Wellington-stasie gestap. Mense het dikwels stilgehou om vir hom ’n geleentheid te gee, maar hy het verkies om te stap. Hy het sy stappery verskriklik geniet.”

Du Toit het sedert 2000 begin deelneem aan halfmarathon-staptogte en het aan elke wedloop wat hy kon, deelgeneem.

Hy word oorleef deur sy vrou en drie kinders, Michell, Francois en Bernadine.

Sy begrafnisdiens het gister vanuit die NGK Wellington-Oos plaasgevind.

* An elderly man died while walking the Paarl Mountain half marathon.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za