Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pottie se werksoekwee

Pottie se werksoekwee
 
2007-09-06


DIE toneelstuk Die Uwe Pottie Potgieter is op Donderdag 20 September op die planke by Simonsvlei om 20:00.

Die komiese dog roerende verhaal oor die wel en wee van Pottie Potgieter, gespeel deur Frank Opperman, ’n middeljarige man wat sy werk as boekhouer by Theron, Visser en Dlamini verloor na twintig jaar se diens.

Die toneel speel af in Pottie se sitkamer. Hy kom so pas terug van sy 143ste werks- onderhoud. Werk is skaars vir ’n bakkies soos syne.
Pottie probeer uitwerk waar dinge verkeerd geloop het, en wat geword het van al sy drome en ambisies.
Hy neem die gehoor op ’n reis deur die wêreld van die werklose - hy besef dis eers wanneer jy werkloos is dat jy ander werkloses raaksien.
Pottie het nog probleme: hy het nog nie sy vrou vertel dat hy sewe maande gelede gefire is nie.
So tussen RSG op die radio, die classifieds in die koerant, onsuksesvolle werksonderhoude en rondspeel met ’n kamera met die oog op ’n selfhelpvideo vir werklose middeljarige witmans, vlieg Pottie se lewe in 65 minute verby.
As hy uiteindelik deurkom na Nicky van den Berg op Sê wie, kan hy van sy verlede ontslae raak en hom toespits op die toekoms.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za