Konsert in Wellington
2007-09-06
DIE Wellingtonse Musiekvereniging bied Saterdagaand om 20:00 ’n lentekonsert in die Goodnowsaal in Wellington aan.
Die Primavera kwartet bestaande uit Estelle van Dyk (sopraan), André Serfontein (tenoor), Marietjie Pauw (dwarsfluit) en Bennie van Eeden (klavier) voer interessante en populêre werke vir hierdie tipe ensemble uit.
Werke van onder andere Verdi, Puccini, Jerome Kern, Léo Delibes, Handel en Schubert kan gehoor word.
Kaartjies is R50.
Skakel 021-873-2218.
More
News
|