Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoolbiblioteek vir almal

Skoolbiblioteek vir almal
 
2007-09-06


DIE Ronwe Primęre Skool in Klein Drakenstein het nou sy eie biblioteek om die landelike gemeenskap te bedien.

Vrydag het die Drakenstein Biblioteekdiens in samewerking met die Weskus Wynland Obos-kantoor van die Departement van Onderwys, ’n satellietbiblioteek by die skool geopen.

“Die biblioteek en bronnesentrum voorsien in ’n groot behoefte nie net vir die kinders nie, maar ook aan die gemeenskap in ons omgewing,” het skoolhoof Laetitia Williams gesę.

“Die kinders moet baie ver stap na die naaste biblioteek in Paarl-Oos en is blootgestel aan allerhande gevare.

“Hierbenewens kan ons hierdie biblioteek ook vir die ouergemeenskap gebruik wat ’n lang pad sal loop om te help om baie van hulle meer geletterd te maak. Die biblioteek is die resultaat van jare se beplanning en vertoë.”

Die opening is bygewoon deur Drakenstein burgemeester Koos Louw, wyksraadslid Frans Koopman wat die lint met die opening geknip het, Tommy Matthee, waarnemende hoof van munisipale gemeenskapsdienste, dr Jaap Heiberg van die Obos-kantoor, biblioteekdienslede en verskeie skoolhoofde.

Die munisipaliteit het R40 000 aan die wyk bewillig en toe die skool deur Koopman genader is, het skoolhoof Williams dadelik ingewillig om ’n klaskamer vir die doel beskikbaar te stel.

Die personeelkamer is deur die personeel afgestaan om vir die verlore klaskamer te vergoed. Nou word daar weer by die skool gebou om ’n nuwe administrasieblok op te rig.

“Die biblioteek bewerkstellig nouer samewerking tussen die biblioteekdiens en skole en ek vertrou dat die “geskenk” wat hulle ontvang het ten goede van die gemeenskap gebruik sal word,” het Matthee gesę.

Kringinspekteur dr Jaap Heiberg was net so in sy noppies.

“Daar is niks beter as ’n biblioteek om jou dinkraamwerk te vergroot nie en ’n boek word later jou beste vriend,” het hy gesę.

Amarie le Roux, hoof van Meulstraat biblioteek het saam met haar personeel skouer aan die wiel kom sit met die groot werk om die bykans duisend boeke te katalogiseer en die biblioteek werksgereed te kry.

Voor hy die lint geknip het, het burgemeester Koos Louw gesę, “Die biblioteek toon die resultaat wat met samewerking bereik kan word.

Boeke moet juis met ander media in die IT-węreld kompeteer.

Kinders het nie altyd toegang tot sulke fasiliteite nie.”

* A farm school in Klein Drakenstein now has its very own library to serve the learners as well as the community.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za