Tik gesnuffel by skool
2007-09-06
’n SEWENTIENJARIGE skoolseun is verlede week op die terrein van ’n Paarlse hoërskool betrap met ’n tik-strooitjie in sy besit.
Die voorval het gevolg nadat die skoolhoof van Labori Hoërskool die polisie versoek het om die skoolperseel te deursoek vir enige teken van dwelms.
Met die hulp van die honde-eenheid is dié gebied gefynkam en ’n polisiehond het by ’n seun gestop. Die graad 11 leerder is deursoek en ’n leë tik-strooitjie is in sy baadjiesak gevind.
Die seun se ouers is ingeroep en die polisie het toestemming ontvang om hul huis in Noorder-Paarl te deursoek.
Daar is ’n verskeidenheid apparaat gevind wat gekoppel kan word met die gebruik van Tik, asook ’n klein hoeveelheid dagga.
Die seun is tans onder streng toesig by die skool en mag geen kontak tydens skoolure met ander leerders hê nie.
Coenie de Vos, waarnemende skoolhoof, het gesê dat dit nie die eerste keer is dat hulle 'n dwelm-ondersoek aanvra nie.
"Ons het niks om weg te steek nie en voel dat ons 'n plig teenoor ons leerders het om die skoolperseel skoon te hou van dwelms."
Die polisie moedig skole aan om met hulle in verbinding te tree as hulle vermoed dat daar ’n dwelmprobleem op hul perseel is.
Hulle kan ook gekontak word om opvoedkundige praatjies te lewer oor die gevare van dwelm-misbruik.
Vir verdere inligting kan kapt Louise du Plessis gekontak word by 021-807-4044.
* Signs of Tik usage was found on a student at Labori High during a drug sweep.
More
News
|