Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hierdie verlore diere breek jou hart

Hierdie verlore diere breek jou hart
 
2005-06-02


ONS het sowat sewe weke gelede ons Jack Russell hond verloor. Sy is laas op die Lustigan-pad (Ronwe) buite die Paarl gesien, maar die kinders het haar gejaag en toe is sy later heeltemal weg.

Ons treur erg en het oral gesoek en ‘n beloning van R500 uitgereik. In ons soektog het ons die wonderlikste mense (veral plaasmense) ontmoet wat almal help soek het.

Ek het ook oproepe van hulle gekry waar hulle net wou weet of ek al my hondjie gekry het en dat hulle steeds uitkyk vir haar.

Ander mense met wie ek gepraat het en wie se diere weg is, het allerhande planne gehad om hulle te probeer terug kry. Veral alleen-mense vir wie ‘n troeteldier ‘n maat is, is baie hartseer oor hulle verlore troeteldiere.

Ek het ook agtergekom dat sommige mense maar min van troeteldiere dink en nie eintlik verstaan hoekom ‘n mens so baie geld sal betaal om jou troeteldier terug te kry nie.

Soms word diere toegesluit om te verhoed dat hulle weghardloop na hul regte eienaars toe, maar eers wanneer hulle siek word, word hulle weer vrygelaat. Hieroor het my hart uitgegaan en ek het besluit om die weggooi- of verlore hond waaroor die Paarl Post geskryf het, aan te neem, nadat daar vir eers baie mooi deur die
Dierebeskermingsvereniging na hom omgesien is.

Hy is al tuis by ons en is ‘n ware skootsitter! Ek’s nie spyt ek het hom aangeneem nie.

Lynette Rademeyer Bosman



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za