Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spogtuine vertoon

Spogtuine vertoon
 
2007-09-06


DIE Wellington Tuinbouklub stel op Vrydag 12 Oktober en Saterdag 13 Oktober vyf spogtuine oop vir die publiek - vier dorpstuine en een plaastuin. Die tuine is oop van 10:00 tot 16:30.

Twee van die dorpstuine is vir die eerste keer oop en een van die dorpstuine en plaastuin was ses jaar gelede laas oop.

Die ander dorpstuin is gereeld oop en was ook al op Kyknet se Tuinpaleis.

In een van die tuine sal ‘n teetuin met tee, koffie, vrugtesap en verversings wees.

Daar sal ook ‘n marktafel en stalletjies met vars produkte, konfyte, brode, koekies, saailinge, plante en nog hope winskopies wees.

Eenmalige toegang betaalbaar is R30 (kinders onder 12 jaar gratis) slegs by die Wellington Museum op die oop dae (nie by die tuine nie).

Kaartjies is ook vooruit beskikbaar by Basson Skoene, Kerkstraat 26 (tel 021-864-1362).

Liefdadigheidsorganisasies op Wellington deel in die winste.
Vir navrae, kontak Heather Grewar 021-873-2001 of Marita Naudé 021-873-6107.

Vir roete-navrae op die oop dae kontak Liekie Neethling 083-669-5768.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za