Bome vir boomplantdag
2007-09-06
DIE Wellington Verfraaiingskomitee se jaarlikse boomplant-seremonie is vandag om 10:00 in die Wellington Nywerheidspark. Belangstellendes is welkom.
Albert van der Merwe, hoof van Drakenstein Munisipaliteit se Parke-afdeling, sal die spreker wees.
Die Drakenstein Burgemeester sal ook ‘n boodskap lewer en die eerste boom plant.
Verteenwoordigers van skole sal help met die plantwerk.
Die komitee het dit goedgedink om hierdie jaar bome weerskante van Oudebrugstraat by die Nywerheidspark aan te plant.
In die verlede het die Verfraaiingskomitee se boomplant seremonies al plaasgevind in Champagnestraat, Stokeryweg oorkant die gholfbaan, Fonteinstraat onderkant Murray Kinderhuis, die DBV-terrein, die grond by die ingang na Bybelmedia en die parkie waar Barlinkastraat by Kerkstraat aansluit.
More
News
|