Terroir bespreek
2007-09-06
‘n WINETECH Terroir Inligtingsdag word op 14 September deur die SAWWV aangebied in die Olive Grove (Infruitec, Stellenbosch) van 08:00 tot 13:30.
Die Winetech Terroir program se huidige navorsing sowel as terroir-verwante aktiwiteite in die industrie sal deur verskeie sprekers toegelig word.
Dr Victoria Carey sal die Suid-Afrikaanse terroirprogram met betrekking tot die internasionale terroirnavorsing bespreek. Die beskikbaarheid van grondinligting sal deur Braham Oberholzer en klimaatdata deur dr.Terry Newby bespreek word.
Francois Knight sal die resultate van ’n geskiktheidsbepaling van die natuurlike hulpbronne in Suid-Afrikaanse wynproduksie-areas voorlę. Registrasievorms en die program is beskikbaar by www.sasev.org of tel 021-889-6311.
More
News
|