Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Huise weggegee, maar museum afgeskeep

Huise weggegee, maar museum afgeskeep
 
2005-06-02


IN verlede week se Paarl Post vestig ‘n briefskrywer, “Paarliet”, ons aandag daarop dat die Drakenstein munisipale raad drie eiendomme ter waarde van naby ‘n miljoen rand elk sonder tenders aan sy eie amptenare toegesê het teen so min as R202 500 elk.

Indien hierdie syfers net naastenby korrek is, beteken dit dat die raad gewillig is om ‘n verlies op openbare eiendom van byna twee miljoen rand te ly ten gunste van private eienaars, maar nie ‘n tiende daarvan het vir die ontwikkeling van ‘n belangrike openbare bate soos die Wellington Museum nie.

Watse prioriteite is dit die? Tensy, natuurlik die eiendomme slegs vir kleinhuisies gesoneer is.

Maar alle toiletgrappe op ‘n stokkie - hierdie optrede lyk nie net na ‘n geïsoleerde geval van baantjies vir boeties nie, maar pas in by ‘n onrusbarende patroon van verdagte praktyke wat vanaf plaaslike tot die hoogste regeringsvlakke gunstige omstandighede skep vir wanadministrasie en korrupsie.

Die Raad en sy amptenary is veronderstel om openbare bates tot die openbare voordeel te bestuur, en nie tot hulle eie voordeel onder mekaar uit te deel nie.

Willem van Vuuren,
Wellington



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za