Wie se foon?
2007-09-06
VERLEDE Saterdagoggend tussen tienuur en elfuur het ek suidwaarts in die Paarlse Hoofstraat gery naby die Hoërskool Gimnasium.
Voor my was ’n motorfietsryer met ’n passasier, ’n meisie, agterop. Skielik het haar selfoon uit haar sak geval en ’n motor het daaroor gery.
Aan die foon was daar kraleversiering. Omdat die foon beskadig is, kan ek nie haar kontakte naslaan nie.
Die eienaar van die foon kan my kontak by 021-871-1757 of 082-654-5130.
Mientjie Joubert, Noorder-Paarl
More
News
|