Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Voorspoed aan eerlike agente

Voorspoed aan eerlike agente
 
2007-09-06


NA aanleiding van die brief “Agente is nie eerlik nie” (24 Augustus) wil ek voornemende huiskopers en/of -verkopers waarsku om tog hul kontrakte noukeurig deur te lees voordat hulle teken.

Ek het onlangs my huis verkoop en het in die strik getrap. Ek het al voorheen eiendom gekoop en verkoop en het te alle tye goeie diens van vorige eiendomsagente gekry. Ek het dus aanvaar dat die diens hierdie keer dieselfde sou wees.

Tot my skok moes ek agterna uitvind van sekere klousules wat in die koopkontrak aangebring was waarvan ek nie kennis gedra het nie.

Ja, seker is ek ook te blameer dat die kontrak nie reg deurgelees is nie, maar met twee ure tyd was dit onmoontlik om die nodige fynskrif op te tel.

En soos voorheen het vertroue weereens ’n groot rol gespeel.

Ek is egter hierdie keer mislei en nadat ek dit aan die agent uitgewys het, is mondelingse beloftes gemaak deur die agent wat nie nagekom is nie. Ek voel dat ek te na gekom is.

Ontevrede verkoper



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za