Plaaslike atlete vaar goed
2007-09-06
DIE McCarthy Toyota Paarlberg half-marathon het die afgelope naweek plaasgevind.
Alhoewel die weer gelyk het na reën, was die atlete geseën met koel, windlose toestande wat ideaal was vir die half-marathon.
Owen Smith van Wellington Atletiekklub het uitstekend gevaar en ‘n tweede plek in die senior mansafdeling behaal met ‘n tyd van 1h16min55s.
Yvonne Nieuwoudt en Marié Burger van Paarl Atletiekklub het onderskeidelik derde en vierde geëindig onder die senior vroue.
In die 10km pretdraf het Anton Faro (Wellington AK) eerste klaargemaak in die mansafdeling met Henrico Rooi (Paarl AK) wat die derde plek ingeneem het.
Rooi was ook die wenner van die junior kategorie.
Die junior Karin Thompson het tweede in haar groep oor die wenstreep gehardloop.
Onder die stappers het Frans Kotzé en Lynn van Niekerk (altwee Paarl AK) onderskeidelik eerste en tweede plekke behaal in die mans- en vroue-afdelings.
More
News
|