Violets klop Blakes
2007-09-06
DIE span van Violets Rugbyklub het Saterdag tydens ’n titaniese stryd met Blakes afgereken.
Die Paarliete het gewys dat hulle nie ligtelik opgeneem moet word wanneer hulle in hul hoogste rat speel nie.
Newan Dennis en Mokkie de Jager het elkeen ’n drie gedruk.
Ronwan Anderson het een strafskop oorgeklits terwyl Sam Adonis verder ook met twee strafskoppe geslaag het om die wedstryd met 21-8 te beklink.
Violets II het hul opponente gestoomrol met ’n 36-9 sege terwyl Violets III met 45-20 gewen het.
* Violets Rugbyklub speel Saterdag teen Allandale.
More
News
|