Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Gardens blom tuis

Young Gardens blom tuis
 
2007-09-06


DIE eerste span van Paarl Rangers het Saterdag ’n gulde geleentheid gehad om die span van Young Gardens op hul tuisveld te klop.

Soos alle derbywedstryde was hierdie ook ’n taai kragmeting van begin tot einde.

Die besoekers het met verkeerde opsies en swak stelskopwerk hulself uit die wedstryd gehou terwyl Young Gardens die druk verder toegepas het in die vaste skrums.

Die losskakel Davey de Kock het Gardens met sy taktiese skopwerk op die voorvoet geplaas en ook grootliks bygedra tot die twee drieë van die senter Clinton Cupido.

Roberto van Schoor het verder met drie straf- en twee doelskoppe geslaag om sy span eindelik met 23-13 te laat seëvier.

Christopher Williams is aangewys as die speler van die wedstryd.

Young Gardens II en III het elkeen hulle wedstryde gelykop gespeel. Die tellings was 0-0 en 8-8 onderskeidelik.

* Young Gardens speel Saterdag hul finale ligawedstryd (weg) teen die huidige voorlopers, Langa. Die bus vertrek om 11:30. Vir meer inligting, skakel Godfrey Gertze by 084-618-9072.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za